-
Glo en Bely
Romeine 10 vers 9 en 10 sê As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word, want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Vandaar kom die naam Glo en Bely.
Die blye boodskap dat God die Vader terwille van sy Seun Jesus Christus mense tot geloof en belydenis deur die Heilige Gees se werking bring - is die enigste boodskap van redding vir die mens. Deur Jesus se offer en middelaarskap ontvang die mens verlossing van die straf op sy sonde.Glo en bely wil graag hierdie boodskap soos wat ons Here dit bedoel het te verkondig en te leer. Daarmee saam word elkeen geroep om ook hierdie waarheid
- met hul hart te glo
en - met hulle mond te bely.
- met hul hart te glo