Hierdie studies neem 'n hele Bybelboek van voor tot agter deur u hande, sodat u nie net los tekste nie, maar die volle asem en boodskap van die Skrif self leer ken. Dit word met 'n oop hand aangebied – vir elkeen, oral, wat saam met ons Boek vir Boek deur God se Woord wil gaan. Lees dit gerus in u eie tyd of saam met ander, en ontdek hoe elke hoofstuk inpas by die groter verhaal van God se genade.
"En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was." – Handelinge 17:11
