Alle Bybelstudies gaan onder hierdie Kategorie gelys word.Hierdie Bybelstudies word met 'n oop hand aangebied – vir elkeen, oral, wat die Skrif dieper wil leer verstaan. Dit is nie vir 'n enkele gemeente bedoel nie, maar 'n gawe vir almal wat wil luister. Maak dit gerus u eie: lees dit, gebruik dit, deel dit met ander, en groei saam met ons in die kennis van God se Woord en in die ontdekking van wie ons in Jesus Christus is.

"Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen." – 2 Petrus 3:18