Ons bely nie ons eie woorde nie, maar wat die kerk deur die eeue, in eenheid met die Skrif, bely het van wie God is en wat Hy gedoen het. In hierdie studies gaan ons saam deur die Drie Formuliere van Eenheid en ander belydenisskrifte, om te ontdek hoe hierdie ou woorde vandag nog vas en lewend staan. Dit is nie vir 'n beperkte kring bedoel nie, maar 'n uitnodiging aan elkeen wat wil verstaan waarop die kerk deur die eeue heen gebou is.
"Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is." – 2 Timoteus 1:13
